Splinternuwe Kleinding vir Bea

Beatrice het op die 25ste November geboorte geskenk aan ’n pragtige baba seuntjie met die naam Ronaldo.
Beatrice het in 2017 by Aan de Oever begin werk en almal het dadelik van haar gehou. Sy is ’n goedhartige mens met ’n baie groot persoonlikheid wat glad nie huiwer om haar mening te lig nie. Sy is wel ’n baie kort en klein mensie, maar die gesegde is verseker waar – denamiet kom in klein pakkies.
Op die 30ste Oktober – die laaste dag waarop Bea gewerk het voor haar kraamverlof – het die Aan de Oever Span vir haar ’n wonderlike Ooievaarstee gehou waar almal mooi saamgewerk het om dit ’n geheim te hou. Beatrice was bederf met die oulikste geskenkies en noodsaaklikhede vir kleinding. Aan de Oever se personeel is ook op hierdie dag bederf met heerlike eetgoed en almal het lekker saam gekuier voor die besige seisoen begin.
Almal by Aan de Oever wens vir Beatrice en Ronaldo alle sterkte toe vir die pad vorentoe. Ons sien uit om die kleinding te sien grootword en ons sien ook uit daarna om Bea weer in die nuwe jaar by Aan de Oever terug te verwelkom.