Matrieks hou Makietie

Drie van die dames in die Aan de Leisure span het die voorreg gehad om deel te kon wees van hul dogters se matriekafskeid wat op 5 April plaasgevind het. ‘n Matriekafskeid is n spoggeleentheid waar elke matriekulant die geleentheid het om vir die laaste keer saam met die res van die klasmaats te kan fees vier voor die groot eksamen afskop.
Nolene Said, Anza Sitira en Jane Adams is drie trotse moeders wat berge vir hul kinders sal versit. Die drie dames het al vroeg in die jaar begin met reelings en voorbereidings om die aand so na as moontlik aan perfek te kry.
Nolene se dogter, Vurney-Lee Smith was pragtig geklee in n lang pers rok. Haar groot droom is om eendag mense te help en sy het veral n groot liefde vir kinders. Haar grootste begeerte is om n Geoloog te word.
Vurney-Lee wil graag haar moeder en die res van haar familie bedank vir al die ondersteuning en ook alles wat hulle vir haar beteken.

Jane se dogter, Sinovuyo Adams het al die aandag getrek met haar lang, swart rok.

Jane het n paar woorde om oor haar dogter te deel: “ Ek is vandag, 5 April een van die gelukkigste moeders. Om n dogter alleen groot te maak is glad nie maklik nie, maar met die Hemelse Vader is niks onmoontlik nie. Met liefde en respek kan jy so baie bereik. Sinovuyo, jy moet altyd onthou dat ek jou so lief het.

Ek hoop met my hele hart dat jou groot droom om n maatskaplike werker te word sal realiser. Ek weet verseker jy kan dit doen. Tonne liefde vir jou my kind.”

Anza se Dogter, Anazania Sitira het ‘n mooi pienk rok aan gehad – iets wat perfek by haar persoonlikheid pas. Sy is n vriendelike jong dame wat daarvan hou om n glimlag op ander se gesigte te plaas. Haar groot droom is om eendag n lugwaardin te word en die wereld te verken.
‘n Klein boodskap van Anza aan haar dogter: “My kind, ek is vandag n trotse moeder van n wonderlike dogter wat matriek gehaal het. Ek weet jy gaan my net nog trotser maak deur al die dinge wat jy eendag gaan bereik. Ek is baie lief vir jou.”

“Just believe in yourself. Even if you don’t, pretend that you do and, and at some point in your life, you will”